347) jy sal my miskien onthou
ek was die een
wat altyd daar was
aan die buitekring,
jou klokhelder lag
het ek absorbeer
in my binnekamer
gebêre,
jou bewonderaars
om jou rond,
later jou minnaars
ek was daar aan
die buitekring,
toe jy alleen
op die sypaadjie
van die lewe sit
was ek daar,
nie meer
aan die buitekring
maar in jou
seer hart
my jare
van leed
maak jou
heel
nuut
Leave a Reply
Be the First to Comment!