349) vrou
al ons mans kyk
van bo tot borsmaat
van borsmaat na heup
van heup tot knie
van knie tot toon
wat ons sien …
die eeu oue vraag
vrou die tweede mens
ons bly nuuskierig
hoe lyk sy
wie is sy
en waarom
is sy hier
ons bons hart vertel
ons vlug oog sien
ons wonder
ons droom
vrou
ons sal
jou altyd
bewonder
Leave a Reply
Be the First to Comment!