3493…’n Laatnagbrief

3493…’n Laatnagbrief

omdat ek nie voorheen
die moed gehad het
om jou te vertel
hoe my wêreld eintlik werk

maar nou laatnag
sit ek alleen
met al die tyd
in die wêreld

die verkeerd wat
ek gedoen het
vul die blaaie
die reg is net die laaste blad

dit is laatnag
ek snik verniet

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz