3502…Die straatkatte

3502…Die straatkatte

alleen stap ek die strate
om die houe te ontsnap

ek en die straatkatte
kruip weg

weg vir die huilwind
van eensaamheid

net sy kom skuur
teen my been

met vlooi in my arms
beur ek huistoe

na ‘n warmbad en vlooipoeier
slurp sy lustig
melk en sardiens

in my arms rustig
opgekrul snoesig sy

môre-aand kom ‘n
ander vlooi
om getroetel te word

ek is gelukkig

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz