3505…Jou borste blink in die vuurlig
jy skerts jy lag
jou swart hare
swiep jy kort kort terug
jou glasie vul hy kort kort
jou lag klok die swart nag in
jy spin jou web
net so noukeurig
soos vir my
sy hemp span styf
oor sy ronde boep
‘n goeie vreter beslis
‘n maal duisend
gaan sy hê
ek hang hier uitgesuig
en swaai heen en weer
nutteloos aan haar ou web
koorsagtig spin sy
Leave a Reply
Be the First to Comment!