3512…Die chroom wiele gons

3512…Die chroom wiele gons

op die teerpad

die swart teerpad verdwyn
in die verte

die blink monster grom
en vreet die teer

die tattoo hand draai
die leer repies waai

dit is crazy sê die man
agter die swart blink helmet

hy bekyk die wêreld
tussend die hoë blink handvatsels deur

die wit wolke maal
in die blou lug
sy meisie styf teen sy rug

vir die eerste keer in sy lewe
sien hy waar die aarde
en die hemel ontmoet

vir die eerste keer
in sy lewe sê hy
my God, dit is wonderlik

vir die eerste keer
in sy lewe
begin hy te lewe

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz