3516…Ek wil by jou wees

3516…Ek wil by jou wees

om in jou groen oë te kyk
en jou oogtaal te lees

voordat die wêreld jou sien
voordat die seer van die wêreld
jou oog vang

voordat die mis
van die wêreld stroom
oor jou wang

voordat die mat van onskuld
onder jou voete uitgepluk word

ek wil by jou wees
om na alles
wat jy gekies het

nog jou groen oë
te kan lees

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz