368) ek tjank vanaand
jare wat gesneuwel het
sonder dat ‘n veldslag gewen is,
die jare van kindwees
die jare van vry wees
die skaam jare
van rooi ore
donsbaard en hormoon
jare van maat soek
warm asems
purity en huggies tye
die anderman
die andervrou
slagoffers
van ons eie keuses
ek tjank vanaand
Leave a Reply
Be the First to Comment!