die liefde weet nie
van die ou liefde
nie vergete,
die donker dade
was so soet
listig en lustig,
hy het nie geweet
sy was ’n vraat,
sy het rustig
listig haar web gespin,
hom toegespin in haar gom
hulpeloos gehang
uitgesuig
net die karkas
het in die wind
geswaai
Leave a Reply
Be the First to Comment!