371) die sterre voorspel

371) die sterre voorspel

die voorportaal van die donker tent
skep ’n atmosfeer van verwagting,
die vreemde musiek sorg daarvoor
dit beswym jou in misterieuse wêreld

omvou jou, jy is ontvanklik
avontuur wag net om die draai
wat? wie? waarom? wanneer? hoe?
is die vrae wat teister
vandag, nou-nou sal sy weet
sy bewe
dit is die eerste keer
haar naam word sag geroep
sy knyp haar bene toe
en staan half bedwelm op

"die atmosfeer werk een honderd persent,"
sê madame vir Hali haar assistent
"jou bonus is oppad, sy is die 10 de een vanaand."

in die dofligwierook tent-atmosfeer lyk madame
soos moeder maria, halo completo
sy vra haar regterhand,
kyk gelukkig nie
na haar werksgevuilde naels nie,

haar hand lyne vertel van swaar kinderjare
die ontsnap daaruit ,
hoe roberto die verleier gretig was,

’n virgin was sy, spog hy, ek was die eerste
sy bravado het egter geeïndig toe hy hoor
ek verwag jou kind!

hy het afgeblaas soos ’n wêreldbeker bal mislukking
ek is niks, niks
madame sê in ’n graf stem
my seun soms moet ek die waarheid praat

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz