384) ontnugter

384) ontnugter

die morester kom op
die jong man
rooi oog
sus sy baba
hy het nie geweet
dit is die einde
van die wittebrood nie

sy slaap nagdeur
die blink naald
haar nagmaat
hy hoor sy baba
kerm heelnag

my God ek het soveel gebid
ek weet nie eens
hoe om ‘n doek te ruil nie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz