389) Kos moord

389) Kos moord

hulle loer vir jou
vanaf die spyskaart
smekend om geëet te word

jy hou die sleutel tot die lewe

as jy nie eet dan lewe hulle
 
die hongerpyne is meer dringend
as die lewe van ‘n insek

twee krewe, sestien slakke, vier krappe
vyf en dertig oesters en tien sardientjies
land op my bord
party beweeg nog ruk-ruk

as ek hulle eet
moet ‘n nuwe een gebore word
 

ek staan op
stap uit

ek is nie ‘n
moordenaar nie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz