401) Olé

401) Olé

die jong bul
staan hygend
met bloedsnot aan sy snoet
sy rooibloed oë weerkaats vrees

hy staar
na die astrante jong matador
vele kere het hy gestorm
die rooi vlag gemis
nou weet hy om waar te mik

hy storm en mik
vir die linker blinkleer
kamas

die matador tol deur die lug
en plof
doodstil in die stof

hy stap nader
en sien
sy pa se naam
op die blinkleer kamas

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz