406) nog een hel toe
hy was baie dronk
en nie meer so jonk
hy geniet die hoë spoed
’n koning is hy
die agterligte
van die trailer
was baie dof,
hy ploeg in die gat
van die trailer vas
die dak word afgesny
die motor tol sewe keer
die stof daal
op ’n doodse stil toneel neer
’n gryskop man
hang half oor die stuurwiel
sy regterarm drie keer gebreek
hang half oor die stuurwiel
die donkerrooi bloed
plas op die teerpad neer
die gapende word in sy kop
vloei voort
sy regter oog draai stadig
aan ’n sening rond
die liggaam ruk ruk
stort die lewe uit
my GOD
dit kan nie ek wees nie.
Leave a Reply
Be the First to Comment!