414) bloed spoor
ek is ’n ystermonster,
die ysterspoor is myne
alleen
ek storm na my stasie
die stoomwolke staan
wit om my wiele
ek is ystersterk
ek storm na my stasie
die staakmense op die spoor
het my nie gesien nie
ek ploeg deur liggaam
en vlees
100 dood
sê die koerante
hulle maak my vuurdeur toe
ook ’n ystermonster kan sterf
sê die koerante
Leave a Reply
Be the First to Comment!