417) ysterkruis
hulle het
die russiese T42 tenks
saamgesmelt
en ’n ysterkruis gehamer,
hulle wag vir Vrydag
hulle het in
die flenterbybel
gelees van kruisig hom
Vrydagoggend het hulle
nog nie geweet wie hy is nie
soos honger wolwe het hulle gejag
bloed geruik,
hom in die tuin gekry
hom gearresteer
verniel
en na die kruisheuwel gesleep
toe hy aan die koue staal hang
vra hulle
wat is jou naam?
Barnabas sê hy.
hoe weet ons wie om te glo ?
Leave a Reply
Be the First to Comment!