425) hond se gedagtes
ek het al
op verskeie dates gegaan
die dames
het seker met huiwering
ja gesê
almal het nie uitgewerk nie
waaarom weet ek nie
ek het na ‘n make over shop gegaan
ligte informele pak
en oopnek blou hemp
pas by my oë
ek is ‘n killer vanaand
my gedagtes gaan net
oor die been
wat ek gaan kou vanaand
toe sy opdaag in
‘n ligte uitrusting
met ‘n blou bloes
en blou oë, nogal
was ek verstom
ons slaan ‘n bottel wyn
1994 plat
en lag luidkeels
bliksem ‘n perfect night
ek groet haar ordentlik
‘n pik op die wang
sy gly grasieus haar motor in
en waai vir my
ek waai vir haar
ek klim in my 1995
toyota corolla
my selfoon soek ek
om haar te dank
dit is nie daar nie
haar nommer gesteel
ek onthou dofweg
haar naam begin met
che
Leave a Reply
Be the First to Comment!