sy wag hom in,
elf uur stop die bmw
sy weier om oop te sluit
hy pleit ’n half uur
sy maak die deur oop en
kak hom uit vir ’n half uur
omhels hom vurig
en voel sy lus
nou weet sy
hy het net gesuip
sy stap
nat kamer toe
hierdie triek
werk elke keer
sê sy vir haarself
Leave a Reply
Be the First to Comment!