jy drink nie nog ’n dop nie
sê sy tandeknersend aan hom
en gluur hom aan
hy krimp ineen
soos ’n hond wat ’n skop verwag
onthou jy die aand
toe jy die baas se vrou
probeer tjaaf het?
jy is nog steeds ’n klerk
as jy weer kak maak vanaand
is jy more die hekwag
Leave a Reply
Be the First to Comment!