464) wil julle lees van seks; hot en kinky?
almal wil lees van
die liefde,
liefde verlore
kinky seks
warm lywe
hyg asems
en alles wat roering in jou bring
maar oor die lewe
godsdiens
die vergewing
staan almal flou en lou
wat wil julle hê?
ek skryf my gat af
meer as 450 om julle te vertel
van al hierdie dinge
ek hoop julle sal ’n bietjie rondloer
in my gedigtewêreld
om meer insig te kry
ek kan nog ’n paar duisend skryf
ons afrikaanse taal is ryk aan woorde,
woorde wat saamgevoeg moet word
om te vertel van liefde op ’n duisend maniere
haat in baie minder
verwagtinge op vele
hoop oneindig
vertroue op God oneindig
vergewing deur JESUS ontelbaar
geloof die sleutel tot die lewe
liefde die grootste van almal
as jy nie glo hierin
is jy verlore
jy is
0000000
Leave a Reply
Be the First to Comment!