468) juweliers winkel
van hier af
sien ek
die jong paartjie
nog te jonk,
hulle loop ’n zig zag
window shopping paadjie
hy wil steers toe zig,
sy zag hom tot voor
die groot venster
met die baie blink daaragter
sy koer en streel
en zag hom tot binne
die opgesmukte styflip
beringde dame vra
hoeveel wil u spandeer
een duidend rand sê hy
die toonbank asbak kos meer
sê die dame
sy zag hom uit
tot by steers
Leave a Reply
Be the First to Comment!