493) jy het jou gat opgeruk
toe ek vir my sekretaresse
’n drukkie gegee het
by die paartie
terwyl jy
hand om die lyf
met my stoorman
gestaan het
jy het gedink ek is dronk
die ou se boep pens
het seker lekker
in jou heup gedruk
ek weet
hy is ’n nikswerd suiplap
wat seker goed is
maar jy weet nie
dat ek weet
dat my sekretaresse
’n nimfomaan is nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!