514) kwitansieboek van die lewe
ek het weer genade ontvang
ek skryf ’n kwiransie uit vir genade, R1000
ek het my vrou afgejak, R500
ek het my vererg, R300
ek verneuk my vrou, R5000
ek’s dronk en stamp die kar, R8000
ek steel, ek lieg, R10000
ek het ’n lover, R20000
ek skei, R50000
in die kollektebord = R 94800
ek het klaar betaal
sê ek breebors,
min weet ek
JESUS word nie omgekoop
gee nie punte
vat nie geld nie
Hy vat berou
en gee genade
Leave a Reply
Be the First to Comment!