531) imperial pleasure
ceasar sit op sy troon
in rome
die spil van die heelal
outydse musiek weergalm
in die paleisgange
hy het twee meisies
vir elke generaal gereël
die wyn vloei
die musikante straf die instrumente
die tromme verdwerg
die donder van die donkerblou
dragtige wolke
groot druppels plas
en word strome
die mal noag
kom met sy groot boot
aangeroei
hulle lag hom uit
hy draai moerig om
en sê,
"as die wyn op is,
daar is genoeg water."
Leave a Reply
Be the First to Comment!