535) daar was n begeerte
by my
om langs jou te sit
in die skoolsaal fliek
ek het gedroom (eroties)
hoe ek my skouer
teen jou sal skuur
hoe jy sal terug druk
en sug
maar min het ek geweet
die rugby kaptein
sit aan jou anderkant
en skrum jou
tot teen my
ek is maar net
’n top skaak speler
en kan skuif
jou bliksem sê ek
eendag
as jou knie
opgefok is
sal jy
moet skaak speel
Leave a Reply
Be the First to Comment!