553) onthou jy nog die reënboog?

553) onthou jy nog die reënboog?

die dag
van die donder buie
toe die reënboog
bokant ons was

het ons
die pot goud gesien
dit saam gejaag
maar ons het dit nie gekry nie

maar ons het elkeen
’n pot vol goud ontdek
ek jou
jy my

dit was 40 jaar gelede

elke keer as die reënboog
helder in die lug hang

ontdek ons opnuut
die pot vol goud

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz