558) te laat sê sy
toe ek met
die dertig rooi rose opdaag
10 jaar gelede
kon ek nog vergewe
maar die jare
tussen nou en toe
was hel
jy het in jou drank waan geleef
en verwoes
kyk na jou kinders
jou dogter op 16
al ’n ma
jou seun op 20
leef in ’n dwelm walm
pluk die bitter vrugte
van jou sonde
ek loop vandag nog
swem jy maar in jou
klipdrif rivier
Leave a Reply
Be the First to Comment!