593) ek proe jou
van wat op die spyskaart staan
‘n tweebeen blond
‘n driebeen pot vol pap
ek lag my pap
vanaand gaan daar
aksie wees
hoenderlewer en skaaptong
hoog aangeprys
maar die tong het nog geblêr
en die lewer het gekekkel
bliksem, sê ek
staan op en loop weg
in my loop
skop ek nog
‘n kapokhaantjie
uit my pad
Leave a Reply
Be the First to Comment!