605) boek
ek stap in die ou biblioteek
in die veraf
plattelandse dorpie
dit is donker en stowwerig
die statige ou dame
vra of sy kan help
ek kry die ou boekerak
ek snuffel deur die muf boeke
Shakespear staan my nie aan
H G Wells is ver vooruit
Arthur C Doyle verveel
die swart ou muf boek
het geen skrywer
nuuskierig
maak ek dit oop
en lees
in die begin het God
ek is vasgevang
God die skrywer
ken ek nie
maar Hy praat waar
ek stap uit
huppelgees
Jesus het gesterwe
vir my
ek gaan vir ewig lewe
Leave a Reply
Be the First to Comment!