614) blind date

614) blind date

hierdie man
met die vurige stem
maak haar klam
sy vee haar voorkop af
met ’n wet one

hy het haar gevra
vir ’n blind date
hulle sou ontmoet
by die fontein van Dawid
in die ou Caesers

hy het gesê dat
die geruis van die bergstroom
’n rigtingwyser is
sy moet nie aan die voorkant
in die skadu staan nie
maar aan die kant
waar Dawid se boude is

sewe uur staan ek gereed
ek hoor tik-tik
ek sien die man
met die wit sambreel
en hoor die vurige stem

ek kyk op
en sien
die gitswart oë,
my hart miss a beat
toe hy nie my hand
kon raakvat
besef ek

ek het gebabbel
hy het vurig geklets
hy het my hand vasgehou
vele kere het hy gesê
hy lees my lewe

wat ’n heerlike aand
was dit nie gewees nie
ek het my gat afgelag
en was ook traanoog gewees

hy sê toe
ons moet weer so maak
verseker sê ek opgewonde
ek gee hom my nommer
hy gee my sommer sy nommer en adres

sondagoggend
maak ek die papiertjie oop
dit is net rye kolletjies

ek verstaan dit nie
hy gaan myne ook nie verstaan nie
ek kry ’n blink idee
miskien kan ’n woester dit verstaan

( berg jou moer)

elke keer as ek tik-tik hoor
luister ek vir ’n vurige stem

maar ek sien net die eensame mossie
wat teen die ruit pik-pik
na sy weerkaatsing

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz