625) moeg om mens te wees
die een drama
op die ander;
ek verneuk
my vrou,
haar kop
is altyd seer,
my baas kak my
gedurig uit,
my girlfriend
soek gedurig geld
ek is broke
my hont byt my
die kinners vloek my
my vrou sê
hulle het nie meer
rispek vir my nie
die eiskas is leeg
my klipdrift is klaar
my kar se gearbox
het opgepak
kan dit nog
kakker gaan?
ek kan ook nie eers meer
spel nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!