660) flikkerlig

660) flikkerlig

in die flikkerlig
van amandelkers
sien sy hom

die blind date
bruingebrand
met borshaarmat
arms veel gehaar

sy kry 2de gedagtes
sy tande ’n grynslag
in die flikkerlig

sy asem jaag windhond
en ruik ook so
hy skud sy skild af
naak sien sy hom

sy arsenaal
staar haar aan

in die flikkerlig
sien sy

en vlug na st marys

my kind sê nonna
jy was amper te laat

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz