683) rooi rose vir ’n hartseer meisie

683) rooi rose vir ’n hartseer meisie

ek stuur rooi rose
vir die mooiste meisie
in die dorp

dit was
nadat ons gestry het

ek stuur rooi rose
vir die oulikste meisie
op die dorp

dit was nadat
ons opgemaak het

ek was toe in standerd 5

vandag nog
stuur ek rooi rose

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz