688) die swakste golfspeler

688) die swakste golfspeler

ek sit hier rustig
op die kant van my swembad
en kyk na die golfers
die een ou praat groot

hy maak ’n 180 grade fout
die bal hop op die gras
en kom lê hier teen my
soos ’n hond wat ’n kopvryf verwag
hulle kyk toe na my
ek vat die bal en gooi dit oor die draad
en sê

jy is die kakste golfspeler
wat ek nog gesien het
hy lag verleë
en sê net
dankie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz