689) lekkergoed soentjies

689) lekkergoed soentjies

in die ou tyd
het die meisie
vir ouens lekkers gegee
toegemaak
in boodskap papier

haar hartsbegeertetjies
in drukskrif
sonder naam
in bruinpapiersak
gegooi

die ouens het gretig
die sak geskud
die sweet gesuig
en die handskrif
hoe kon ons weet

die meisie het skaam-skaam
briefies geskryf
en gehoop
die ou herken
haar skrif

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz