691) dit is so maklik

691) dit is so maklik

om op hierdie maandag middag
die koud swembad in te duik
asem op te hou
en liters water te sluk

die donker sak toe
die water vat longe
brein rebelleer
suurstof ontvlug

die donker wolk sak neer
die slap liggaam
dryf roerloos

oorsaak van dood
verdrinking
versekering betaal uit

GOD kyk af
en sê
is nog nie tyd nie

jy hoes jou longe uit
bliksem dit is die langste
wat ek nog ooit
my asem kon ophou …

5 minute

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz