692) sweetest girl in town
die ou met sy sweef stem
besing haar bates
sag smeulend sien ek haar
poseer in die 1945 ford
sy is mej ford 1945
omtrent soos mej wereld 2007
maar wat ons sien
‘n agtergrond dennebome
die rockies, dean martin
daar is geen stage lights
jy is die enigste lig wat skyn
geen donald trump
geen kis vol dollars
geen paris hilton
geen lyfwys
geen vals smile
you are still
the sweetest girl
in town
Leave a Reply
Be the First to Comment!