713) 2 doppe
die blaartjies lyk soos kinder handjies
wat in die wind rondswaai
die misberge troon hoog bokant
die wingerd uit
die misvog drup-drup
van die blaartjies af
die wingerd vinkies
drink dop vir dop
net 2 doppe
hulle is versigtig
vir die ou stok se streke
ook die jong lote
wat in die wind rondswaai
die nuwe jaar se oes
loer styfkorrel tussen
die blare uit
die steelspreeus
moet hulle tog nie sien nie
maar die wingerd strollers
vreet 100 bottels cabernet
elke jaar op
Leave a Reply
Be the First to Comment!