723) die dag toe ek ’n olifant

723) die dag toe ek ’n olifant

in die oë gekyk het
ek het rustig gestap
diep ingedagte
in digwêreld

toe ek opkyk
staan hierdie
reuse olifant doodstil
voor my

soos ’n bloekomboom
die klein ogies
blink onheilspellend

hy gaan enige oomblik
my omklap met sy reuse slurp
en my deurboor
met sy ivoor

toe hoor ek meteens
die eentonige stem
van die museumgids

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz