752) net drie treë
die vreeskreet weergalm
weerklank
van gebou tot gebou
dit is na middernag
soos daglig
verskyn
die verskrik ligte
silhoeët afgeëts
bonshart loer hulle
by die vensters uit
onder in die straat
’n gebreekte liggaam
die dun nagrokkie
opgeskuif
ontbloot in dood
dit was net
drie treë gewees
Leave a Reply
Be the First to Comment!