753) haar lig flikker
vroegoggend
flikker die ligte
in die suburb
een vir een
sterf hulle
die een afgeskakel
om weer vanaand te skyn
iets werd te wees
’n ander blaas
die laaste asem uit
’n glasbol op die ashoop
nog ’n ander verdof
’n mens wat sterf
die siel skiet
soos ’n vuurpyl
hemelwaarts
en los flikker sterretjies
vir kinder partytjies
Leave a Reply
Be the First to Comment!