760) kleuter liefde

760) kleuter liefde

ek was 3, jy was 5
jy het pop
met my gespeel
borslappie omgedraai

linkerskoen
regs aangetrek
my poef huggie afgeruk
ek het net ge "oe aaa"

my foppie het jy gesuig
my haartjies gewoes

dit was 30 jaar gelede

nou
speel ek met jou
ek druk jou styf vas
my poppie

ek trek jou skoene uit
en vryf jou voet
ek skuimbad jou
poeier jou

jou sug ontsnap
as ek my gesig
in jou nekholte
snoesel

jou smelt parfuum
bedwelm

my GOD
kan ’n mens
so gelukkig wees
droom ek

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz