775) send me the pillow
that you dream on
het ek geadverteer
ek het honderde kussings
vol drome gekry
ek slaap op die kussing
met die pienk hartjies,
sy is 10 jaar oud
haar was vars haar kleef nog
die traankolle vertel
wat ’n kinderhart nie verstaan nie,
waarom pappa die bruin bottel sluk
en dan vir mamma slaan
sy droom
van ’n skoon droog kussing
’n sagpraat pa
en ’n blinkoog
ma
Leave a Reply
Be the First to Comment!