793) erg
hierdie winter
is erger
ek skuif my ou lyf
na die sonstraal
die hitte straal
vind my hart
in die lente van 1960
het ek hom gevind,
my vrou hart
het warmbloed gebruis
my lus gewek
die blouoog man
hy lê
in sy graf
die tweede jaar al
volgende somer
gaan ek hom wakker maak,
skuif op
sê ek
en trek die wolkombers
tot by ken
Leave a Reply
Be the First to Comment!