835) olimpiese atleet
ek is ’n kampioen
het jy gesê
dit was met die 100m,
ek het gewen
in die 200m was ek tweede
jy is goed het sy gesê
in die 300m was ek derde
jy moet meer oefen sê sy
en draai haar rug op my
in die 400 meter was ek vierde
toe slaap sy in die spaarkamer
in die 500m was ek vyfde
wat ’n skande sê sy
en trek by my buurman
die ses en tagste
comrades atleet in
Leave a Reply
Be the First to Comment!