848) stopstraat
ek het by die stopstraat
van my lewe gekom
as ek hier nie stop nie
is ek ’n wrak
ek kyk terug,
ek is fris en sterk
ek het al baie ouens
gebliksem
agt dubbels maak my lus
ek vlug
die strate in
langbeen lok
lus geblus
ek sluip na huis
die klein vroutjie huil
ek het so mooi gevra
die kinners wag elke aand
ek is jammer sê ek
in die more uur
my hand voel rond
dis koffie tyd sê sy,
vyf uur
jy moet by die werk kom
hier is jou koffie
Leave a Reply
Be the First to Comment!