856) dit was die eerste keer
dat ek jou stem
gehoor het
sagvrou
met ’n wegpraat
seer
die jaar voor is wasig
soos die grysmis
wat rondsluip
die sonneblom
van jou jeug
swaai heen en weer
en glimlag
in die warm son
jou wit tand
sal weer glinster
jou lag
sal weer
oor die groen vlaktes
weerklink
jy sal weer reis
op die rug
van die
warmhart wind
Leave a Reply
Be the First to Comment!