890) sal kruisbeen sit

890) sal kruisbeen sit

ek het nou genoeg
kak gehad
ek voel soos ’n half
afgerolde rol kakpapier

almal trek my
deur hulle gatte
gebruik my net
en gooi my weg

ek is ma, ousie
tuinjong, bedmaat
gebruiksware

jy gebruik my
net as jy nêrens
anders kan bykom nie

jy is jou dronkgat pelle
se hero
net omdat jy die dop koop

van nou af is ek
lekker ruik vrou
ma
en sal kruisbeen sit

as jy dan
dronk by die huis kom
ontman my nuwe
polisiehond jou

ek het genoeg kak gehad

ek is moer kwaad

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz