896) lokaas

896) lokaas

bewend het sy gewag
vir die
wat haar moes slag

sy het haarself aangebied
om die jonger te spaar

sy voel die blaasasem
die natlek op haar wang

sy ontbloot haar
aar van die lewe

die skote klap
vier leeus sterf

sy sukkel orent
en vlug die nag in

koning leeu
staan in die donker

jagter ek wreek
net eenmaal

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz