916) het jy al hierdie hot boek gelees?

916) het jy al hierdie hot boek gelees?

daar staan geskrywe
jy mag die vrugte eet
van die een wat jy liefhet

jy mag jou dors les
met die wyn
van die ewige lewe

jy mag vrugbaar
wees en vermeerder
jy mag jou talente gebruik
jy mag ’n moerse groot boot hê

jy sal nie meer onrustg wees
jou offer sal tien keer meer word
geluk sal jou lewe lank
aan jou sy wees
die padkaart na die paradys

dit is die swartboek
wat op die rak lê
en stof vergader

die kruisboek

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz